Pilaar van Respek
Respek is die fondasie van elke verhouding. Respek en eerbied is die element en pilaar van ‘n verhouding wat mense die meeste afskeep. Respek beteken om iemand anders se waarde raak te sien en te erken. Daarom is dit belangrik om jouself te respekteer (jy moet jou eie waarde raaksien en besef), sodat jy die ander mense in jou verhouding(s) kan respekteer.
Regdeur die Bybel word ons opgeroep om mekaar te respekteer. Wanneer ons dink aan hoe God na ons kyk, dan onthou ons – Hy het ons verskillend geskape, met unieke persoonlikhede en gawes. Hy wil hê jy moet jou eie talente ontwikkel en ander help om hulle gawes te ontdek en groei. Jesus Christus het ons uitgenooi om na Hom te kom – soos ons is – en deel te wees van God se familie. Ons hoef nie minderwaardig en onseker te voel nie; ons hoef nie onsself te bewys of regverdig nie; want God gee aan jou waarde –
"God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê”. (Johannes 3:16).
Ons kommunikeer en bewys respek aan ander deur hulle te aanvaar. Om erkenning te gee. Jy kan hulle ondersteun, bemoedig. Jy kan hulle aanmoedig en opbou, veral wanneer hulle nie in hulself glo nie (1 Tessalonisense 5:11). Jy kan jou waardering van hulle duidelik maak en ook bevestig wanneer jy hulle admireer.
Geseënde week!
Andrè
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|