KersFees
Die afgelope paar weke het ons Kerssangdienste beklemtoon hoe daar feesgevier is oor die koms van Jesus Christus. Die verhale tekste en liedere ïllustreer hoe mense in verwagting leef, en hoe elke mens saam kan juig oor die genadige profesie en wonderwerk wat in Betlehem gebeur het.
Kersfees is ‘n geleentheid vir ons om fees te vier! Dit is ‘n tyd waarin ons kan bande van liefde en omgee kan bou. Dit is ‘n geleentheid om aan almal te getuig dat die wonderlike genade van God vir elkeen bedoel is.
"Kom ons maak soos die herders loof en prys God oor alles wat hulle gehoor en gesien het" (Luk2:20). God se belofte, genade en redding is vir jou.
Gelukkige advent.
Andrè
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|