Huis tot werk
In die tweede deel van die wet word ons geleer en opgeroep om ons naaste lief te hê…soos onsself. Ons moet God liefhê en dan ons naaste – in ons liefde vir God, leer ons wat dit beteken om ander lief te hê. Daarom skryf Johannes:
Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is 'n kind van God; en elkeen wat vir die Vader liefhet, het ook die ander lief wat kinders van die Vader is. (1 Joh 5:1)
Paulus maak dit duidelik hoe ons dit moet doen: Op ons wat sterk is in die geloof, rus die verpligting om die swakhede te verdra van dié wat nie sterk is nie.
Ons moenie aan onsself dink nie: elkeen van ons moet aan ons naaste dink en aan wat vir hom goed is en wat hom in die geloof kan opbou. (Rom 15:1-2) Ons moet deur die Gees lewe – die Gees moet ons gedrag, woorde en gedagtes bepaal. Dan sal die vrug van die Gees in ons lewens, verhoudings en gemeenskappe gestalte vind.
Mag liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing jou lewe en verhoudings in jou gemeenskappe kenmerk, van huis tot werk.
Andrè
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|