Kosmopolitaanse naastes?
Ons post-modernistiese wêreld bring nuwe uitdagings na ons lewensdeur. Die samelewing vandag word beskryf met terme soos verskeidenheid, diversiteit, inklusiwiteit ens. Alhoewel ons nuwe gemeenskap(pe) anders daarna uitsien, help God se Woord ons steeds om duidelik te navigeer.
Uit alles in die menslikheid het Christus gekies om die kerk byeen te roep. Die kerk en gemeente is Sy beeld in hierdie wêreld. Dit is die kerk en gemeente se verantwoordelikheid om God se twee grootste gebooie te gaan uitleef: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.” (Lukas 10:27).
Vir ons vandag is een van die belangrikste vrae: Wie is werklik my naaste? Jesus se gelykenis van die Barmhartige Samaritaan help my en jou om ons vooropgestelde gedagtes te ondersoek en indien nodig te herdefinieer. Wie is nou my naaste?... Jou antwoord op hierdie vraag gaan verseker ‘n uitwerking hê op jou beskouing, en interaksie met die hele menslike geslag waaruit Jesus vir Hom ‘n kerk byeen geroep het.
(gedeeltelike erkenning aan Ds JS Dippenaar)
Andrè
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|