Familie eer
In Eksodus 20:12 lees ons “
Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee.” Hierdie is die vyfde gebod. Dit dien as ‘n brug tussen die gebooie oor God en die wat op ons naaste betrekking het. Dit is ook die enigste gebod met 'n positiewe belofte.
Waarom gee God hierdie opdrag? Waarom gee die Here hierdie belofte aan ons? Al was Israel 'n patriargale tradisie, was vroue wat kinders gebaar het geseënd. Die kinders moes geleer word en 'n moeder se rol was eerbied waardig. Ouers met kinders was geseëndes van God.
Seën kom met 'n verantwoordelikheid. Die vyfde gebod het waarde vir ons hele familie. Ouers moet hulle kinders leer om godvresend en gelowig te wees. Kinders leer deur te observeer (sien en hoor) en te oefen (doen). Die geloofwaardigheid van ouers se verhouding met ons Here sal kinders lei om Sy genade te aanvaar.
Kinders sal God se liefde in diepte verstaan en deurlopend poog om God in en deur hulle lewens te gehoorsaam. Die oproep om ouers te respekteer en te versorg as gevolg van hulle voorbeeld, geloof en liefde is ten diepste ‘n resultaat van die voorbeeld wat hulle navolg. Die voorbeeld van Jesus Christus.
‘n Leefstyl wat getuig van geloofsoortuiging hou positiewe gevolge in vir elkeen wat dit navolg. Dit word deel van ‘n familie se boustene en is die kompas wat hulle lewenspaaie rig. God se belofte is tot seën vir elkeen wat dit navolg.
Andre
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|