Bybelse en geestelike rus
Rus is ‘n konsep waarvan ons in die Bybel van leer. In Genesis is dit duidelik dat God vir ons ‘n voorbeeld stel – Hy werk ses dae om die Skepping in plek te stel, waarna Hy op die sewende dag rus en dit as ‘n gereelde rusdag instel. Dit is duidelik dat die Ou- en Nuwe Testamentiese Israel hierdie voorbeeld gevolg het. Selfs al is die Sabbat nou op Sondag, is dit steeds ‘n rusdag vir elke Christen.
Hebreërs 4:10 sê “elkeen wat in die rus van God ingaan, rus van sy werk, net soos God van Syne.” God het bedoel dat gelowige mense moet rus, soos Hy. Tradisioneel het ons ‘n spesifieke manier om ‘n Sondag – rusdag – deur te bring. Dit behels om God te dien, aan ander mense goed te doen, soms iemand oor te nooi vir ete of te gaan kuier, of selfs net ‘n bietjie skuins te gaan lê. Rus is nie automaties aan Christenskap gekoppel nie en sommiges kan dalk agterbly (Heb 4:1).
Daarom is Hebreërs 4: 7 so belangrik – “God het immers weer 'n dag bepaal, naamlik “vandag”…”. As gelowiges moet ons glo en vashou aan God se belofte. Ons moet rus vind in Sy wil. Jy moet vrede vind in die rus wat Hy vir jou voor berei.
Seën en vrede vir jou.
Andrè
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|