Elemente wat geestlike groei kan help
Wanneer ons oefen om ‘n verskil te maak – hetsy of dit is om fiks te word; gewig te verloor; spiere te bou; of net gesonder te wees – is daar wetenskaplik ondersteunende oefen-elemente wat jou program se sukses gaan bepaal. Die beste en mees suksesvolste planne, tref ‘n balans tussen strek-, fiksheid-, krag- en uithouvermoë-oefeninge en ‘n gesonde dieet.
‘n Geestelike oefenprogram wat ons geestelike fiksheid en groei kan help, het verskillende elemente waaraan ons moet dink en waaroor ons moet besluit.
Besluit op ‘n
plek waar jy voor God stil gaan wees. Die Afrikaanse gesegde: "‘n goeie begin is half gewin," is van groot belang hier. Kies ‘n plek of stoel waar jy maklik kan lees, kan bid en wakker by God kan luister. Dit sal goed wees om alles wat jy nodig het ook daar te hou jou Bybel, pen, notaboek ens.
Besluit op ‘n
tyd wanneer jy stil kan word by God en ook die
skedule waarvolgens jy dit kan doen. Jy kan dalk met 10 minute begin, iemand anders het dalk tyd en behoefte vir ‘n uur – wat ookal jou skedule – begin deur 10 minute vir jou en God in te rig elke dag. Watter tyd van die dag jy ookal kies, kom hierdie afspraak na en maak dit die beste en dinamieste persoonlik tyd van jou dag.
Besluit op’n
struktuur vir jou stilte tyd oefening. ‘n Vaste struktuur maak jou tydsbesteding doelgerig. Dink oor hoeveel tyd jy aan watter elemente wil spandeer. Oorweeg dalk ‘n ‘agenda’ en dink aan die aktiwiteite wat jy wil doen – bybellees, gebed, lofprysing, 'podcast' luister en selfs dagboek hou.
Wees
flexible met jou plan. Indien jy vashaak, her-evalueer jou plan en moenie bang wees om weer te begin nie.
Gaan word stil voor God en groei in jou geloof.
Andrè
E-pos: andre@sagemeente.com
Selfoon nommer: 078 4102 9307
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|