Evalueer jou geestelike fiksheid
Wanneer ons oefen is dit baie belangrik om te weet waar om te begin. Begin jy te erg – raak jy moeg of kry jy dalk seer. Begin jy te lig, oefen jy nie werklik nie en sien jy ook nie die nodige resultate nie.
Dit is belangrik om in ons reis na 'n gesonde geloofslewe (om geestelik fiks te wees), ook te weet ‘waar’ ons is. Daarom gaan ons kortliks kyk na ‘n paar ‘tekens’ van ‘n gesonde geloofslewe.
Jou verhouding met God is die basis van jou geloof. Dit is nie ‘n religieuse verpligting, rituele, of skuldgevoel nie. Jou verhouding met Christus is natuurlik en is gemotiveer uit Liefde. (1 Johannes 4:7-18; Hebreërs 10:19-22)
Jou identiteit, sekuriteit en waarde is gesentreer in God en wie jy is in Hom. Jou eie prestasie is tot eer van Sy Naam. (1 Tessalonisense 2:1-6; Efesiërs 6:6-7)
Jou geloof word versterk deur die seer, probleme en uitdagings van die lewe, en word nie verswak of vernietig daardeur nie. (1 Petrus 4:12-13; Jakobus 1:2-4)
Jou diensbaarheid aan ander vloei uit jou liefde, kommer en omgee vir hulle, nie om raak gesien te word, of om bedank te word vir wat jy gedoen het nie. Jy bied jou diens en hulp aan met vreugde en plesier, en nie omdat jy ‘moet’ nie. (Efesiërs 2:8-10, 6:6-7; Romeine 12:10)
Jy respekteer en waardeer die unieke verskille en individuele gawes van jou broers en susters in Christus, eerder as om eenvormigheid van mekaar en God te verwag. God het ons elkeen geskape met een doel – om Sy koninkryk te bou – maar elkeen op ons eie manier, volgens Sy wil. (Romeine 12:6, 14; 1 Korintiërs 12:4-31)
Christus het vir Petrus weer geroep, nadat hy Sy Here verloën het. Maak nie saak waar jy is met jou evaluasie nie, Hy roep jou om steeds nader aan Hom te groei.
Andrè
E-pos: andre@sagemeente.com
Selfoon nommer: 078 4102 9307
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|