Maniere om te blom
Daar is verskeie maniere hoe ons mense kan aanraak in die Naam van Jesus Christus. Ons kan vir -of saam mense bid; ons kan getuig van persoonlike ervarings; of ons kan net deur te glimlag en goeie maniere mense aanraak. Die vraag op baie van ons lippe is eenvoudig – wanneer die geleentheid homself voordoen, waarooren hoe kan ek oor God en sy Evangelie getuig.
Die begin is om die Heilige Gees te vertrou om jou te lei in die gesprek. Jy kan praat oor…
Die skepping se kompleksiteit en God as die Een wat dit gemaak het;
Die uniekheid van ons as mens en ons verhouding met God;
Jesus Christus – wat die persoon(e) weet van Hom en of hulle Hom ken;
Hoe God die Vader, Seun en Heilige Gees jou lewe persoonlik aanraak en die rol wat Hy in jou lewe het.
God wil ‘n verhouding hê met elkeen van sy kinders. Die Bybel is vol voorbeelde van mense vir wie God baie lief is – sterk gelowiges, sowel as sondaars wat God ontmoet het en na Hom gedraai het.
Luister na die Heilige Gees en blom waar jy geplant is.
Andrè
Selfoon nommer:078 4102 9307
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|