Mooi in 'n harde wêreld.
Hebreërs 11:8-16
Mei maand is ‘n besonderse tyd van die jaar. Die bloeisels en blomme pronk en kleur die grys
winter-wêreld helder in. Dit is vreemd en byna “alien” om hierdie sagte en kneusbare blomme te sien groei in die harde grond. Hoe lekker is dit om een van hierdie blomme te ruik – so vars, geurig en lewend. Dit alles in ‘n wêreld waar hulle omring word deur die teenoorsgestelde.
Hebreërs verduidelik dat ons swerwers is, en dat ons tuiste saam God is. Christus stuur ons na hierdie deurmekaar, slinkse en vyandige wêreld toe met die opdrag: Gaan vertel, leer en wys hulle wat God se genade en liefde behels. Anders gestel – gaan wees die mooi, die smaak en die geur wat die wêreld verhelder met God se liefde.
Om ‘n Christen te wees is soortgelyk daaraan om ‘n blom te wees. Gaan blom vir God, daar waar jy geplant is.
Vind
aangeheg ons gemeente se nuusbrief vir Mei. Ons tema die maand is Nuwe Lewe.
Geseënde week.
Andrè
E-pos: andre@sagemeente.com
Selfoon nommer:078 4102 9307
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|