Van sit en staan
En dit is die verborge betekenis van die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, en van die sewe goue lampe: die sewe sterre is die leraars van die sewe gemeentes, en die sewe lampe is die sewe gemeentes.”
- Openbaring 1:20
Na Christus se openbaring aan Johannes op Patmos gee Hy aan hom die opdrag om dit wat hy sien en beleef neer te skryf. Terselfdertyd verduidelik Christus die simboliese betekenis van die sewe sterre en die sewe kandelare. Dit verteenwoordig die sewe boodskappers en die sewe gemeentes. En die beste nuus: Hulle is in die hande van die lewende Christus. Daar is dus ‘n direkte, lewende verband tussen die opgestane Here en sy aardse kerk. Hy is nie afwesig nie. Hy beweeg rond tussen sy aardse familie van gelowiges. Hy bewaar en bemoedig hulle. Met sy reddende hand is Hy gedurig in hulle midde. Boonop is dit Christus se wil dat sy kerk dit moet weet. Johannes kry die opdrag om aan hulle te skryf en om hulle aan die beweeg te kry, want hulle het begin stagneer. Hulle het ‘n sittende, rondstaande kerk geword.
Ons almal weet: “
van sit en staan kom niks gedaan”. Ook nie in die kerk nie. Jy kan nie jou eie droom van ‘n groter impak vir die Here al sittende realiseer nie. Vergaderings is in sitting en ‘n Sondag is ook grotendeels al sittende. Dalk is dit die probleem – dat sukses van aktiwiteite in die kerk met die aantal sittendes gemeet word. Die Here vra eerder hoeveel mense Hom binne en buite hierdie samekomste getrou navolg…ons is immer sy dissipels en beelddraers. Christus wil hê dat ek en jy dit weet en sy wil begin uitleef.
- (met erkenning aan Professor Stephan Joubert)
Ons tema vir Januarie is KERK.
Aangeheg is die tweede Bybelstudie. Dit is bedoel vir jou persoonlike- of groep-studie
Mag ons sy lewende kerk wees.
Geseënde week,
Andrè
(mobile) +44 7841 029307
(home) +44 1992 813 895
andre@sagemeente.com
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|