Kerk
Aan die begin van ‘n Nuwe Jaar is ons opgewonde oor alles wat voorlê en die moontlikhede wat die ‘onbekende’ kan bring. Die bekende skenk vir ons ‘n ‘fondasie’ vir die ‘onbekende’ waarop ons reken om die nuwe toekoms aan te pak. So is dit ook met die Kerk en ons Gemeente.
In 2019 staan die Kerk voor meer uitdagings as ooit tevore. Ons gemeente is saam opreis agter God aan, omring deur ons geloofsfamilie wat ons bystaan en versterk. In Matteus 18:20 sê Jesus vir ons: “Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry,want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.” Dit is die fondasie van sekerheid wat ons elkeen moet gebruik om hierdie jaar aan te pak! Wat ook al die toekoms bring – God is Immanuel – Hy is met ons!
Ek is opgewonde oor wat die toekoms vir ons Gemeente inhou. Ek is seker oor die toekoms van die Kerk. Hoekom? Omdat ek seker is van Wie in beheer is van my, my familie en my kerk. Voorspoed vir 2019! Mag God jou hand, lewe en familie versterk!
Seënwense,
Geseënde 2019
Andrè
(mobile) +44 7841 029307
(home) +44 1992 813 895
andre@sagemeente.com
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|