Die ware sin van die Christusfees.
Wat is die ware sin en betekenis van Kersfees vir jou?
William Barclay, ‘n Skotse teoloog en Professor, het dit soos volg gestel…
Twee vriende het ‘n ernstige uitval gehad en hulle vriendskap is verbreek. Na ‘n tyd het die een vriend besef dat hulle nie so kan lewe nie: dit was dan so ‘n goeie vriendskap. Hy skryf toe ‘n brief aan sy eertydse vriend en pleit dat hulle vrede maak. Hy kry egter geen antwoord op sy brief nie. Maar hy het nie moedeloos geword nie en weer geskryf…en weer…en weer.
Op ‘n bitter koue wintersnag besluit hy toe om self na sy vriend toe te gaan en persoonlik by hom te pleit: Kom ons maak vrede! Deur tierende winde en sneeu heen reis hy na sy vriend se huis. By die oopdeur herhaal hy weer die pleidooi. Sal sy vriend sy verskoning aanvaar? Sal hy nou “ja” sê?
God is die Vriend. In die paradys het daar kwaai vriendskap tussen God en sy mense gekom. God het deur sy profete baie liefdevolle briewe geskryf. Toe het Hy self in die Persoon van Jesus gekom. Het jy al vir Hom “ja” gesê?
Martin Luther het gesê: “Al is Christus duisend maal in Betlehem gebore, maar nog nie in jou hart nie, is dit vir jou ‘n nuttelose gebeurtenis”. Mag hierdie Kersfees vir jou vol betekenis wees!
Geseënde week,
Andrè Harmzen
(mobile) +44 7841 029307
(home) +44 1992 813 895
andre@sagemeente.com
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|