Omgee
Die Barmhartige Samaritaan (Lukas 10:25-37) is een van die bekendste gedeeltes in die Nuwe Testament. Jesus vertel die verhaal van ‘n man wat aangeval en vir dood gelaat is. Die mense naaste aan hom draai ‘n blinde oog vir sy nood. Die persoon van wie ons dit die minste verwag, sien sy seer en pyn raak en help hom meer as wat ooit verwag kon word. Jesus vertel die verhaal aan elkeen wat Hom volg.
Om mense en hul nood, in watter vorm ookal (fisies, psigies en emosioneel), raak te sien is nie altyd so moeilik nie. Om te reageer op dit wat jy sien, dink en voel is die uitdaging. Dit neem moed en durf om soms net oog-kontak te maak; te glimlag; iemand vreemds te groet; of iemand te help in hulle donkerste uur. Dit neem deernis om te luister en volgens die behoefte van die persoon(e) in nood die regte hulp vir hulle te kry. Dit neem egter ook eerlikheid en erkenning om hulp te aanvaar wanneer jy dit benodig.
Gaan uit na die wêreld, na hulle wat bekend en onbekend is, en gee om in die naam van Jesus.
Seënwense,
Andrè
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|