Waarde van Tug
“Buig die boompie terwyl hy nog jonk is” is sekerlik een van die bekendste Afrikaanse uitdrukkings. Dit is iets waarmee ons elkeen groot geword het. Soms het dit gelei tot lang trane en soms selfs tot rusie en baie seer.
In Hebreërs 12:7-13 lees ons van die tug waaraan gelowige kinders (volwassenes ook) onderworpe is. Die positiewe aspekte van tug word in die teks belig en word daar genoem dat selfs God sy kinders tug. Die versterking en begeleiding wat liefdevolle tug tot gevolg het, se waarde kan nie onderskat word nie.
Ds HA Retief skryf dat God se liefdesgebod die hart is van Hebreërs 12 se boodskap. Die bedoeling van die tug is nie om te vervreem nie, maar om terug te bring, te lei sodat ons naaste kan triomfeer tot eer van Sy Naam!
Tugtiging is meestal gerig tot hulle vir wie ons lief is en ons familie naaste aan ons leef. Daar is verskeie vorms wat tugtiging kan aanneem of dit ‘n broederlike gesprek, vermaning, of ‘n kinderlike teregswysing is, God se helende liefdes-opdrag moet deur ons optrede weerklink – jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ons woorde en optrede moet salf wees om verwondes te verpleeg, te versterk, en op te bou.
Leef God se liefde!
Andrè
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|