Rolmodelle
Dawid staan bekend as ‘n man na God se hart (1 Sam 13: 14). Daarom word hy dikwels as ‘n rolmodel voorgehou.
Dawid was inderdaad ‘n uitstekende leier wat ‘n groep familie stamme tot ‘n koninkryk saamgebind het. Hy was ‘n unieke en uitstekende militêre strateeg en het die grense van Israel se grondgebied uitgebou tot ‘n ryk waarmee rekening gehou moes word. Hy het tradisies hoog geag, maar terselfdertyd die uitdagings van die tyd aanvaar. Hy het geluister na die vermanings van profete en priesters.
Dawid het baie foute en gebreke gehad. Hy het baie bloed laat vloei. Sy owerspel met Bathsheba en Urija se moord sou die doodstraf kon verdien. As vader was hy dikwels nie instaat om met sy kinders te kommunikeer en hulle te beheer nie. Hierdie voorbeeld van Dawid moet egter verwerp word.
Dawid se lofwaardigheid as voorbeeld spruit veral uit die feit dat hy aan God vashou in voorspoed en teëspoed. As hy sukses behaal het, het hy aan God die eer gegee. Wanneer hy gesondig het, het hy sy skuld voor God erken en bely. Dit maak van Dawid ‘n voorbeeld
Ons erken iets van onsself in Dawid. Hy is nie altyd ‘n voorbeeld vir ons nie, maar ‘n voorbeeld van ons. Erken en bely God in elke situasie waarin jy jouself bevind! …Word ‘n dienaar na God se hart. (gedeeltelike erkenning aan Ds E Verhage)
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|