Toets God ons geloof?
In Genesis 22 sê God vir Abraham: "Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy lief het, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer." Abraham moes kies tussen God se opdrag en sy geliefde seun Isak.
Die aard van ‘n toets is om te bepaal waartoe iemand werklik in staat is. God toets vir Abraham om te sien: Is Abraham se geloof regtig eg? Dit laat ons met die vraag: Is jou geloof werklik eg?
Die grootste verskil tussen Abraham en ons is God se verhouding met sy kinders wat geherdefinieer is deur Jesus Christus. Jesus leer ons dat ons nie deur onsself en ons dade gered kan word nie, maar slegs deur geloof. Die egtheid van ons geloof word bepaal deur ons aanvaarding van God se liefde en genade.
Geseënde week!
Andrè
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|