Die Onse Vader verduidelik
Wat beteken die eerste bede – Laat U Naam geheilig word? (Heidelbergse Kategismes vraag & antwoord 122)
Die Here se Naam staan sentraal. God se heiligheid sluit sy Naam en Wese is in. Die woord heilig beteken om ‘af te sonder’. God alleen moet geroem en geprys word, omdat Hy Hom aan ons bekend gemaak het as die enigste God wat met ons en hierdie wêreld besig is – Hy het sélf aan die kruis geopenbaar dat Hy oor alles, selfs die dood, heers. Daarom moet ons Sy Naam afsonder, erken en eer.
Wat beteken die tweede bede – Laat U koninkryk kom? (HK v&a 123)
Jesus gebruik twee woorde baie – Vader en Koninkryk. God is die Koning van alle konings en Sy ryk omvat alles en almal. Hier word ruimte geskep vir ons eie hart, lewens en gemoedere om onder God se Woord en Gees te wees – Sy koninkryk leef in ons. In Jesus Christus het God Sy almag geopenbaar, die mag van die duiwel verbreek en die ryk van die duisternis en sonde tot niet gemaak. Hierdie Jesus roep elke gelowige om deel te wees van die kerk, daarvoor te bid, Sy Woord te ken en daarvolgens te lewe. Die kerk se werk is nog nie voltooi nie en moet voortleef totdat Hy weer kom.
Vandag is Hemelvaart. Ons kyk saam met die dissipels vandag op na ons Here. Die Engele praat dus ook met jou vandag wanneer hulle sê: waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het. Kom ons erken vandag Sy Naam en gaan leef as koninkrykskinders!
Seënwense,
Andrè
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|