Onse Vader
Mattheus 6
In Matteus gee ons Here Jesus vir ons ‘n raamwerk van hoe gelowiges hulle geloof kan uitleef. In verse
9-13 leer Hy ook hoe om te bid – die Onse Vader gebed. Die Kerk het dan ook hierdie gebed gebruik om ons te leer hoe om ons verhouding met God te verdiep. Die gevolg – deur die eeue heen is vele gelowiges deur gebed geïnspireer, gemotiveer, beskerm en versterk in die geloof.
Wanneer ons na die groter gedeelte kyk, waarvan Matteus 6:9-13 deel is, dan besef ons dis deel van die bergrede. Die bergrede is Jesus se belangrikste prediking waarin Hy die mense geleer het oor verskeie onderwerpe. Gebed vorm egter die kern van Jesus se boodskap – ‘n aanduiding van die belangrikheid en noodsaaklikheid daarvan vir elke gelowige.
Die eerste reël van die Onse Vader is waar God aangespreek word – “Ons Vader wat in die hemel is…” Die doel met hierdie aanspreking is om God te erken as ons Here. Dit vorm die basis van ons gebed en is beduidend op die gesindheid en karakter van ‘n egte gesprek met God. Jesus wil ons leer om te bid, sodat ons gebed nie net woorde is nie, maar sodat ek en jy gebed kan leef.
Ons Vader wat in die hemel is,
laat U naam geheilig word.
Laat U koninkryk kom,
Laat U wil geskied op die aarde,
laat U wil geskied in my hart,
my lewe, my dorp, my huis,
my verhoudings, my werk
soos in die hemel.
Aan U behoort die mag en die heerlikheid.
Amen.
Seënwense,
Andrè
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|