Gebed
1 Timoteus 2
In ons vorige erediens het ons gesê dat elkeen se uitdagings anders lyk. Hoe moet ons as Christen gelowiges leef? Hoe moet ons leef teenoor mekaar? Hoe moet ons leef teenoor die wêreld en sy mense? Hoe moet ons leef teenoor die owerheid en ander mates van gesag? Deur ‘n aktiewe gebedslewe leef ons biddend teenoor die wêreld en in die wêreld, die owerheid, alle mense en magte.
Ons gebede is ‘n naderkom na God ter wille van mense, magte en die wêreld. Ons gebede is ‘n opdra van God se werkende liefde. Ons gebed is ‘n gewilligheid tot diens in God se groeiende koningkryk. Dit gaan daarom dat ons alles voor God se genade en heil neersit. Die gebed vir alle mense, en selfs die owerheid, bely God se genade wat in Christus se bloed gestalte kry. So leef en getuig ons teenoor mekaar, maar ook teenoor alle mense en magte voor God.
Dit is ons opdrag, vanuit ons verlossing in Christus, dat ons in ons huis en erediens vir alles en almal bid. Deur ons inklusiewe gebedslewe sien die wêreld dat ons priesters is in God se genade. Die fondament waarop ons knieë rus, is God se hand van genade wat Christus die losprys maak vir die sonde. Op ons knieë, biddend vanuit God se genade verkondiging ons Christus se verlossing.
(met gedeeltelike erkenning aan Dr C Pretorius)
Seënwense,
Andrè
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|