Jesus se kruisverhaal
Jesus se kruisverhaal getuig – geloofsbelydenis is nie maklik nie. Petrus het buite in die binnehof gesit toe 'n diensmeisie na hom toe kom en sê: “Jy was ook saam met Jesus die Galileër.” Petrus se antwoord is sekerlik die grootste voorbeeld van hoe moeilik dit is om jou geloofsbelydenis te leef. Sy antwoord lei tot ‘n drievoudige verloëning van sy Here.
Om in die openbaar ‘n belydenis te maak is meeste kere ‘n uitdaging. Dink maar aan jou eerste liefdes-belydenis…die angs, spanning, hitte- en sweet golwe wat oor jou gespoel het om darem net die woorde te uiter “ek hou van jou”. Dink aan die eerste keer toe jy jou stem moes uiter teen jou baas of ‘line manager’…die spanning en onsekerheid oor wat die implikasies daarvan moontlik gaan wees. Om vandag, in die openbaar, jou geloof te bely is ook nie altyd so maklik nie.
Daarom is dit opwindend en ‘n voorreg as ons gekatkiseerde jongmense voor die gemeente kom staan om in die openbaar hulle persoonlike oortuiging en geloof in ons Drie-enige God te bely! Gaan bely ook self jou geloof vandag, more, Sondag en volgende week aan familie, mede gelowiges, ongelowiges en veral aan hulle wat vra: Ken jy vir God?
Ons dank U, Barmhartige God en Vader, dat U u werk voortsit en gelowiges
roep om belydenis te doen van hulle geloof in U.
Ons bid dat U hulle deur u Heilige Gees sterker sal bind aan Jesus Christus en
vaster sal bind aan sy kerk.
Ons bid dat U hulle sal staande hou en laat groei in die geloof en kennis van
ons Here Jesus Christus; dat U hulle voortdurend sal lei tot 'n lewe van diens
en gehoorsaamheid aan U, tot kragtige getuies in die wêreld, en dat U hulle
sal bewaar van versoeking. Gee dat hulle in die laaste dag onder die skare
van uitverkorenes in oorwinning voor u troon sal verskyn.
Ons vra dit in die Naam van ons Here Jesus Christus.
Here, ek bid dit vandag vir elkeen wat in U glo. Amen
Geseënde lydensweek.
Andrè
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|