Bewyse van geestelike program
Die sukses van ons Geestelike Oefen Plan gaan hand-in-hand met ons uitvoering daarvan. Die boek van Jakobus maak dit baie duidelik. In hoofstuk 2:14-16 gebruik Jakobus vir Abraham, ons geloofsvoorvader, as ‘n voorbeeld…
Ons voorvader Abraham het sy seun Isak op die altaar gelê. Is dit nie op grond van wat hy gedoen het dat God hom vrygespreek het nie? Jy sien dus dat sy geloof met dade gepaard gegaan het en dat dit eers deur dade volkome geword het. So is die Skrif vervul wat sê: “Abraham het in God geglo, en God het hom vrygespreek,” en hy is 'n vriend van God genoem.
Ek wil jou uitnooi en uitdaag om vandag, more, volgende week, -maand en in die jare wat kom jou geloof te staaf met jou dade. Woeker met die Koninkryk van God. Vertrou op die Heilige Gees om jou te lei. Versterk jou kennis deur die Bron en Woord van God. Spandeer elke dag voldoende tyd om te bid…te luister…God se wil te ken.
Vandag se besluite is in jou hande. Môre is in God se hande. Lewe soos ‘n wyse mens.
Soli Deo Gloria – Al die Eer aan God!
Seëngroete,
Andrè
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|