GOD IS ONS FONDAMENT
Ons kennis, verstaan en geloof in God is die fondament van ons lewens-huis. Dit vorm die platform vir ‘n sinvolle lewe met rigting en doel. God help ons om elke steen en muur van ons lewe reg en goed te bou, want Hy is die rots wat ons benodig.
Om Sy plan vir ons lewe te ken, moet ons Hom ken. Kennis en ‘n verhouding met die Here is ‘n deurlopende wisselwerking tussen God en Sy kinders. Die Vader skenk liefde, genade en krag tot hierdie verhouding en ons luister en leef in gehoorsaamheid. Ons gehoorsaamheid word bepaal deur ons vertroue aan Sy stem – Sy Woord en Gees – wat ons lei.
God openbaar Hom op verskillende maniere aan mense. Josef - in sy drome. Moses - in ‘n brandende bos. Farao - deur die plae in Egipte. Dawid - deur die natuur. Maria en die herders - deur God se engele. Die wyse manne - deur die sterrehemel. Die dissipels en Israeliete - deur Jesus Christus die Seun.
God openbaar Hom elke dag aan jou. Hy dit doen op enige manier – deur Sy Woord; “beskerm engele", die natuur, drome, wense, mense en gebed. Die vraag is: soek jy en luister jy…? Gaan lees Sy Woord! Gaan luister in gebed! Maak gereed om te antwoord…
Gebed: Here, maak U wil aan my bekend. Leer my. Spreek tot my, want ek is u dienaar en ek wil luister.
Geseënde week!
Andre
GEESTELIKE OEFEN PROGRAM:
Sondag 11 Februarie 2018 – Vereiste vir geestelike groei – Filippense 2
Sondag 25 Februarie 2018 – Bewyse van geestelike program – Matteus 25 en Lukas 2
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|