GEESTELIKE OEFEN PLAN
Die oorgang tot ‘n nuwe jaar bring dikwels verandering, weemoed en hartseer, want jaarwisseling herinner ons aan die verganklikheid van alles. Dit bevestig ons nietigheid om sekere dinge te beheer, want ons is onderworpe aan tyd en natuurlike prosesse. Ook toon ons die tekens van nog ‘n jaar se veroudering: ons loop effe krommer, ons hoor effe swakker, ons sien effe dowwer en die hare wat op ons kop oor is, is heelwat gryser.
Paulus skryf in 2 Korintiërs 4:16: Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. So belig hy nie sy agteruitgang en onvermoë nie, maar die feit dat God deur sy Gees elke oomblik besig is om hom innerlik te vernuwe.
Ons Geestelike Oefen Plan – Watter sake en gewoontes is noodsaaklik vir my geestelike pad, reis en verhouding saam met die Here – help ons verstaan ‘hoe’ God dit doen en wat ek moet en kan doen om geestelik vernuwe te word, –wees , en –bly. Met die volgende erediens gaan ons ons geestelike stamina toets en die sake ondersoek wat ons geestelik sal vernuwe.
KOM OEFEN gerus SAAM! Kom ondersoek, leer en leef jou reis saam met ons die volgende paar Sondae by Loughton. Sien jou daar!
Soli Deo Gloria – Al die Eer aan God!
Andre
Leraar SA Gemeente Noordwyk
GEESTELIKE OEFEN PROGRAM:
Sondag 28 Januarie 2018 – Bron van geestelike energie – Psalm 119
Sondag 11 Februarie 2018 – Vereiste vir geestelike groei – Filippense 2
Sondag 25 Februarie 2018 – Bewyse van geestelike program – Matteus 25 en Lukas 2
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|