ADVENT
Advent is ‘n wonderlike tyd van die jaar! Oral oor die wêreld maak mense reg vir Kersfees; reg om die geboorte van die Koningskind te vier. Dit is ‘n tyd van die jaar waar ons weer op nuut voor die vraag staan: Wie is hierdie Jesus en wat het God deur Hom vir ons kom doen?
Johannes 1:1-3 sê: “In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie.” Jesus het voor sy geboorte al bestaan. Hy lewe van ewig af, voor die skepping van die wêreld en die mens. Hy het nie dieselfde beperkinge as die mens nie – Hy is meer as ons mense – Hy is God self en Sy liefde vir ons bestaan al van die skepping af.
Sondag 10 Desember om 9:00 gaan ons saam Sy liefde herdenk deur die nagmaal te gebruik. Kom deel daarin!
Daarna gaan ons saam met ons kinders Jesus loof in ‘n gesamentlike ‘Carol Service’ met die Baptiste Gemeente (LBC). Kom prys Hom!
LBC het ook gevra om saam deel te neem aan hulle “200 Acts of Kindness” deur aan die kinders by Haven House Children's Hospice ‘n geskenk te gee. Bring daarom asb ‘n nuwe speelding saam sodat ‘n kind herinnner kan word aan God se liefdesgeskenk hierdie Kersfees.
Sien julle Sondag!
Geseënde Advent,
Andrè
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|