Hervormings-uitnodiging
Hierdie week is die laaste week in ons reeks oor die Kerk se Hervorming. Ons het gedurende Oktober gereflekteer oor die 5 solas van die reformasie
-
Genade alleen (sola Gratia) – No rules but Grace
-
Geloof alleen red (sola Fidei) – No work but Faith
-
Christus alleen (solus Christos) – No one but Jesus
-
God se Woord alleen (sola Scriptura) – No word but thy Word
-
Aan God al die eer (sola Gratia) – No silence just Worship
Ons het opnuut besef dat ons geloof in God besonders is. Geloof is ‘n integrale deel van menswees, maar die aard van die samelewing en menslike natuur bemoeilik dit. Geloof gaan nie oor ons nie, en ons kan dit nie behaal nie – dit gaan oor God se Genade. In onvoorwaardelike Liefde het Jesus Christus ons verlossing kom bewerk.
Op Sondag 29 Oktober 2017 gaan ons Gemeente by SAG London ‘n Hervomingsdiens vier. Kom saam en kom bring al die eer aan ons almagtige God!
Op Dinsdag 31 Oktober 2017 gaan alle kerke wat deel is van die reformatoriese tradisie om 06:59 vir een minuut klokke lui en saam in gebed voor God kniel tot eer van God ons Here. Ek nooi- en daag jou uit om op komende Dinsdag oggend jou wekker te stel vir 06:59, en daar waar jy ookal gaan wees – by die huis, werk, hospitaal, op die trein, of vakansie – saam met die kerk van alle eeue in gebed voor God te nader vir een minuut!
Soli Deo Gloria!
Andrè
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|