God gebruik Zwingli as Reformator in sy Stad. God gebruik jou.
God het met verskeie mense 'n pad gestap om sy kerk te hervorm. Huldrich Zwingli het in Switserland opgestaan teen die wanpraktyke van die Roomse kerk. Op grond van sy argumente het die Stadsraad van Zurich in 1523 aksie geneem en die Roomse beeldediens en die Roomse mis afgestel. Daar is ook instruksie gegee dat die Evangelie in die taal van die land verkondig sal word en dat brood en wyn by die Nagmaal bedien sal word. Zwingli het geglo dat die brood en wyn slegs simbole is van Jesus se liggaam ter herinnering vir ons, en dat die brood en wyn geensins die liggaam en bloed word nie.
Zwingli het op geestelike en staatkundige vlak belangrike invloed gehad en was nie skrikkerig om daad by woord te voeg nie. So is hy as veldprediker saam met die leermag van Zurich na die oorlogsvelde en het hy op 1531 in die veldslag van Kappel gesneuwel.
God wil ons ook gebruik. Sy reik en heerskappy begin by ons huise, Gemeente en kerk, maar strek ook verder in die stad en wêreld in. God bereik die wêreld deur jou en my.
Mag jy, soos Zwingly, jou gawes gebruik om die wêreld te vernuwe in Sy Naam.
Seën wense,
Andrè
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|