Reis saam met God
"As ek U hemel aanskou, die werk van U vingers, die maan en die sterre waaraan U 'n plek gegee het, wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien? U het hom net 'n bietjie minder as 'n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon" (Psalm 8:4-6)
Die Bybel is vol van besondere ontmoetings tussen God en mens. Reg van die begin wys God dat Hy baie belangstel in Sy skepping; die mens, en dat Hy in 'n verhouding met hom wil wees. Sommige mense is ryklik geseën ten spyte van hulle verskriklike omstandighede; ander het, as gevolg van hulle opstand, dwaasheid en trots, hulself teenoor God gestel. In Jesus Christus het God elkeen kom versoen met Hom in Liefde en Genade wat mense nie altyd verstaan nie.
Jy en ek is deel van die verhoudinge wat getuig van God se Liefde en Genade. Ons verstaan dit nie altyd nie, maar ons kan seker wees van Jesus Christus se verlossing. Die enigste verskil tussen die bybelse karakters en ons, is tyd en plek. God, Sy Woord en Sy doel vir die mens het nie verander nie. Hy " ... is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid." (Hebreërs 13:8)
Wanneer jy weer opkyk en om jou kyk om God se skepping te bewonder, onthou – dat Hy aan jou dink en na jou omsien.
(met gedeeltelike erkenning aan Louise Gevers)
Seëngroete, Andrè
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|