Geloofs wipplank
1 Konings 15:3-5
Abia het dieselfde sondes as sy pa gedoen, en hy was nie so getrou aan die Here as sy voorvader Dawid nie. Dit is ter wille van Dawid dat die Here sy God aan hom 'n nakomeling gegee het, om in Jerusalem te regeer en die stad in stand te hou. Dit was omdat Dawid gedoen het wat reg is in die oë van die Here, en sy lewe lank nooit die opdragte van die Here verontagsaam het nie, behalwe in die geval van Urija die Hetiet.
Dit is asof die Here se pad met die volk Israel vergelyk kan word met 'n wipplankryery: dan is daar hoogtepunte; dan weer laagtepunte. Dan geloof; dan ongeloof. Dit is 'n bekende tema in die Ou Testament vanaf Abraham, deur Moses, deur die hele volk Israel tot en met Petrus en ander gelowiges in die Nuwe Testament. So straf God in trou dan ook Israel se ongehoorsaamheid en laat Hy hulle wegvoer in ballingskap. Tog luister God weer na hul hulp geroep en gee Hy aan hulle, en ons, 'n nuwe begin in Jesus Christus.
Ons geloof ry ook soms wipplank – dan geloof, dan kleingeloof. Wanneer ons geloof 'n laagtepunt bereik, ervaar ons die sinloosheid en gebrokenheid van die lewe. Wanneer ons Jesus ken en terugkeer na Hom, ontdek en beleef ons telkens weer die hoop en wonderlike heling van 'n lewende verhouding met God. Jesus waarborg dat ons elke dag weer die regte koers kan inslaan: terug na God, na geloof, na gehoorsaamheid en die Here se wil.
Mag ons voortdurend naby aan die Here leef, in geloof, want Hy is naby ons.
Seëngroete, Andrè.
(Met gedeeltelike erkenning aan Dr GJ Malan)
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|