Herder, Vader, Koning
Herder, Vader, Koning en Gasheer is name wat in die Woord gebruik word om God te beskryf. In die moderne dag waarin ons leef, is van hierdie beskrywings moeilik om te verstaan en te verduidelik. Dit laat die vraag: Hoe verstaan en beskryf jy God?
Psalm 23 sê: "Die Here is my Herder...U laat my by 'n feesmaal aansit terwyl my vyande moet kyk!" 'n Herder sou enige iets doen om sy kudde te versorg, beskerm en veilig te hou – hy was 'n vader vir sy kudde. 'n Koning as die afgevaardigde van sy mense, was die leier wat homself en almal rondom hom moes beskerm. Wanneer 'n koning as gasheer opgetree het, was die mense aan sy tafel onder sy sorg en sou niemand dit waag om hulle aan te raak nie.
God het Sy Seun gestuur om ons te kom nooi om aan Sy Koningstafel aan te sit. Die bose magte en problematiek van die lewe probeer ons van die tafel af weglok, maar ons moet onthou – God is ons Gasheer – niks kan ons skade aandoen by Hom nie! Hy het aan die kruis, as ons Herder, reeds alles gedoen om ons te beskerm. Hy het en doen alles, wat 'n goeie ouer sal doen.
Wanneer ons in die nuus en in persoonlike omstandighede hoor van swaar en seer en dood, kan ons nie anders as om te bid:
Dankie dat U my Vader is
Dankie dat U my Herder is wat my lei en beskerm en oorweldig met U liefde
Dankie dat U my Gasheer is en ek aan U tafel my kan versadig aan U genade
U is my Koning! Ek wil U dien.
Ken asseblief my hele lewe my God – rig, versterk en bestuur my lewe tot U eer.
Amen
Seëngroete,
Andrè.
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|