GEBED
Gebed is hoe ons ons lewens aan God verwoord. Gebed is 'n integrale deel van elke gelowige se lewe. Abraham het gelowig gebid voor God (Gen 18:16-33); Jesus het vir ons gebid (Joh 17); en 'ons bid gedurig vir julle' is die woorde wat Paulus in die Nuwe Testament aan die gemeentes verkondig.
Paulus het geweet dat ons die wapenrusting van God benodig vir beskerming en die Woord van God vir inspirasie sodat ons 'altyd kan aanhou bid' (Efe 6:18). Die bloed van Jesus Christus het ons kom deelmaak van die Koninkryk van God; Jesus het God se plan en doel vir jou lewe, jou familie, jou vriende, ons nasie en ons wêreld kom bekend maak. Gebed is ons deelname aan hierdie verhouding met God die Almagtige.
Verlede week het jy hopelik 'n sms ontvang vanaf SA Gemeente, met 'n link na 'n Gemeente spesifieke vraelys. Ek wil vra dat jy asb die volgende sal doen:
- Die Gemeente en hierdie vraelys in gebed opdra; dat die Heilige Gees die leierskap van die gemeente sal lei; dat God ons Gemeente sal toerus om Sy lig en sout te wees in hierdie wêreld.
- Indien jy nog nie die vraelys ingevul het nie, dit asseblief vir ons sal doen.
Prayer doesn't change things - God changes things in answer to prayer.
Unless we fix certain hours in the day for prayer, it easily slips from our memory. - John Calvin
Seëngroete,
Andrè.
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|