REFORMASIE – Martin LUTHER en GEBED
Mei maand is gebedsmaand vir Noordwyk. Ons gaan poog om gebed meer te verstaan as die fondasie van ons geloof. Dit speel 'n pertinente rol in my verhouding met die lewende God. Ons studie van die Hervorming sluit baie mooi en nou hierby aan.
Gebed was sentraal in die boodskap en daaglikse handeling van Martin Luther, die vader van die Reformasie. Hy het verskeie gedagtes en uitsprake oor gebed gehad, sommige waaraan ons vandag nog vashou. Een van die bekendstes is "Om 'n Christen te wees sonder gebed is net so onmoontlik as om te probeer leef sonder om asem te haal."
Luther se uitgangspunt is dat gebed 'n gesprek was met God; 'n wapen om die bose mee af te weer; 'n manier om die dag reg te begin, te leef en af te sluit om sodoende fokus in die lewe te behou. Gebed moet die kerk, individue en gesinne saambind in die liefde van God. Tydens gebed luister God na ons, Hy antwoord dalk nie dadelik nie, maar Hy sal altyd antwoord.
Martin Luther het dalk eeue terug geleef, maar die waarde van sy woorde – die waarde van gebed – is steeds net so waar vandag as wat dit tydens sy lewe was. Mag ons elkeen daaruit leer en volgens die Woord leef.
Here Almagtige God
Waak dat ek sal lui wees in my gebedslewe
Heilige Gees werk in my, lei my
Om Jesus se liefde te begryp.
Amen
Seën wense,
Andrè.
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|