IN die Begin...


Teks:  Johannes 1:1-18

In die begin van die jaar is ons op nuut bewus van die feit dat ons pelgrims is. Ons reis jaar tot jaar en dag tot dag oor grense en oseane heen. 
 
Dag en nag, aand en môre, seisoene en jare is van die begin af daar. Hulle gee die ritme waarin die diere en die mense lewe. Die mens slaap snags en werk bedags. Die roofdiere slaap in die dag en jag in nag. Die son, die maan en die sterre is daar om die ritme van die lewe vir die skepping te verseker. Die son, die maan en die sterre is tekens van die tye.

Een stêr was ‘n besondere teken. Hy was een maal daar, en hy was die teken van ‘n nuwe tyd wat gekom het. Hierdie stêr het mense gelei na die plek waar die Kindjie was. Dit beteken dat die ritme van die tyd nie eindeloos is nie. Die tyd het vol geword. God wat geskep het, skep weer.

Openbaring praat van hierdie nuwe skepping. Die oue gaan verby, en God maak alles nuut. Daar sal nie meer nag wees nie, ook nie ‘n son en ‘n maan nie. Die ritme van die tyd voer na die eindpunt toe, wanneer God alles sal wees vir almal wat aan Hom behoort. Hyself sal hulle tempel wees en hulle lig, hulle lewe.

                                                                      (erkenning Prof JP Oberholzer)
 
Elke nuwe dag bring ons nader aan ons bestemming. Ons is pelgrims wat weet waarnatoe ons gaan.

Geseënde Week.
 
Andre
andre@sagemeente.com

 


Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...