Teenwoordigheid van 'n Koning


Teks: Psalm 145
 
Die afsterwe, in staatsie lê en begrafnis van Koningin Elizabeth II het dit vir duisende moontlik gemaak om vir die eerste keer in haar “teenwoordigheid” te kom. Die gebeure van die afgelope week het bevestig dat niemand net by ‘n koninklike instap en begin gesels soos met familie of vriende nie. Daar is spesifieke kanale en baie protokol om in die teenwoordigheid van ‘n koning te kom.
 
God is die Koning van alle konings (Psalm 2). Sy Koningskap oor die hele aarde sal vir altyd duur (v12). God is egter heeltemal anders as aardse konings – Hy staan nie op ‘n afstand nie – Hy lewe naby Sy mense. Hy staan langs die bedrukte en red Sy kinders uit die hand van die vyand. Ons Koning Jesus het op die aarde se stofstrate kom stap en ons mense se leed verduur (Dr Annes Nel). Deur Sy dood en opstanding kan elke gelowige voor die ware Koning se teenwoordigheid kom.
 
Gebed: Koning van my lewe, vul my met U vrede. Lei my op U pad, na U heilige stad. Amen.
 

Geseënde en genadige week.
Andrè






Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...