Teenwoordigheid van 'n Koning  

Die afsterwe, in staatsie lê en begrafnis van Koningin Elizabeth II het dit vir duisende moontlik gemaak om vir die eerste keer in haar “teenwoordigheid” te kom. Die gebeure van die afgelope week het bevestig dat niemand net by ‘n koninklike instap, en begin gesels soos met familie of vriende nie. Daar is spesifieke kanale en baie protokol om in die teenwoordigheid van ‘n koning te kom.
 
God is die Koning van alle konings (Psalm 2). Sy Koningskap oor die hele aarde sal vir altyd duur (v12). God is egter heeltemal anders as aardse konings – Hy staan nie op ‘n afstand nie – Hy lewe naby Sy mense. Hy staan langs die bedrukte en red Sy kinders uit die hand van die vyand. Ons Koning Jesus het op die aarde se stofstrate kom stap en ons mense se leed verduur (Dr Annes Nel).
Deur Sy dood en opstanding kan elke gelowige voor die ware Koning se teenwoordigheid kom.
 
Gebed: Koning van my lewe, vul my met U vrede. Lei my op U pad, na U heilige stad. Amen.
 
Geseënde en genadige week.
Andrè
 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...