'n Oggendgebed.

 

Op hierdie vars lente oggend wil ek graag saam jou bid.
 

’n Oggendgebed.

Vader, ek gee U hierdie dag, mag U Gees in my werk.
Suiwer my van die mengelmoes drome en gedagtes
en help my om uit te sien na hierdie nuwe dag.
Ek gee U die geestelike en fisieke tamheid wat ek ervaar
en vra dat U lewe deur my vloei.
’n Lewe wat geliefdes aangryp en hul harte met hoop voed.
Mag U liefde daartoe lei dat ek nuwe energie vind,
en idees en oplossings regdeur die dag.
Mag U waarheid my toelaat om op koers te bly
en met vertroue op te tree in alles wat ek doen.
Vader, ek gee U hierdie dag.
Amen.

Julie Palmer (Vertaal deur Tessa Oppermann)

 
Geseënde week verder.
Andrè

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...