Om te verskil

Vanaf die Tuin van Eden regdeur die Bybel en tot vandag is konflik, verskille, geskille en ‘nie saamstem nie’ deel van die lewe. Dit is duidelik op verskeie plekke dat God nie saam met die mens se keuses en handeling stem nie. Tog dink ons nie daaraan as ‘n geleentheid of manier om ‘soos God’ op te tree nie.
 
Jo Frost, direkteur van Kommunikasie van die 'Evangelical Alliance', skryf dat konflik, verhoudinge kan ontwrig en vernietig. Maar hy noem ook dat hy glo daar is vyf dinge wat ons kan oorweeg en doen om op ‘‘'n goeie manier’, of ‘die regte manier’ te kan veskil.

•Eerstens moet ons die ander party herken as ‘n persoon en skepsel geskape na die beeld van God.

•Tweedens is dit belangrik om presies vas te stel waaroor mens verskil. Dit kan slegs gebeur deur te luister na die ander persoon, sowel as na God.

• Derdens moet ons leer, om soos Jesus, goeie en eerlike vrae te vra, wat konstruktief ten doel het, om die punt(e) van verskil te belig en uit te sorteer.

•Vierdens moet ons nie deur trots en eer verblind word nie. Die krag en gevolg van ‘n opregte en tydige verskoning kan nie onderskat word nie.

• Laastens is vrede ‘n geskenk van God. Dit is die kenmerk van Sy Koninkryk. Filippense 4:6 sê: “maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag  hou in Christus Jesus.”

 
Soos my liewe Pa altyd gesê het: Daar is in alles ‘n regte en verkeerde manier om iets te doen. Kom ons vra God om ons te help om selfs konflik altyd op die regte manier – soos Christus – te hanteer.
  

Sien jou Sondag in jou huis by Huiskerk.
Andrè

 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...