'Three Days To See'


Helen Keller het aan die begin van 1882 op die ouderdom van 19 maande ‘n virus opgedoen wat haar doof en stom gelaat het. As persoon het sy diep spore getrap in ander mense se lewens. Een van haar wense wat my laat dink het, deel ek graag...
 
Helen het gesê, dat indien sy drie dae gehad het om te sien, sy die volgende graag sou wou sien:

"Op die eerste dag, sou ek graag mense wie se vriendskap en goedheid die lewe vir my die moeite werd gemaak het, sou ek wou sien.  Ek sou hierdie vriende opsoek en vir ‘n lang ruk net na hulle kyk.  Ek sou ook in die gesig van ‘n pasgebore baba wou kyk.  Ek sou graag al die boeke wou sien wat ek al gelees het. Ek sou elke klein dingetjie en warm kleur wou inneem.

Op die tweede dag sou ek met dagbreek opstaan.  Ek sou ‘n museum besoek en leer hoe die mense vorentoe beweeg het in die vervaardiging daarvan.  Ek sou na ‘n kuns-uitstalling gaan en ‘n studie van die mens se siel uit skilderye en beeldhouwerk maak.

Op die derde dag sou ek weer die dagbreek groet, gretig om die skoonheid van die natuur te ontdek.  Ek sou die laaste dag deurbring daar waar mense hulle dag taak verrig.  Ek sou op ‘n besige straathoek staan, en iets probeer verstaan van die daaglikse lewe van mense, deur in hulle gesigte te kyk en te lees wat daar geskryf staan.

Op die laaste aand, sou ek na die teater gaan en ‘n snaakse opvoering bywoon om die klanke van humor en die menslike gees te waardeer."

Ek is blind, so aanvaar my raad soos ek dit bedoel. Gebruik jou sig (en elke sintuig), asof jy môre met blindheid geslaan gaan word.


"Three days to see" deur Hellen Keller
 
God se liefde en lig in Christus belig ons wêreld met ‘n nuwe persepsie. Gaan kyk opnuut na jou lewe en alles rondom jou, as verloste en geredde mens. Gaan sien die dinge wat saak maak. Gaan ontdek die buitengewone in die gewone van elke dag.
 
Geseënde week.
Andre
 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...
Wees voorbereid
Sy Woord en stem wil ons lei en versterk. Ons gaan moet voorberei deur Sy wapenrusting aantrek om gereed te wees vir hierdie- en elke ander krisis wat voorlê. More ...
Wees dankbaar, dit is wat Christus verwag!
"Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” More ...