Gebed

 
Om as gelowiges in hierdie wêreld te leef is soms ‘n uitdaging vir elkeen van ons. Dit voel soms of die dualisme tussen die geestelike wêreld (waarna ons leef) en die fisiese wêreld (waarin ons elke dag ‘n bestaan maak) net verder van mekaar verwyderd raak. Die praktiese gevolg is dat toegewyde gelowiges soms nie deel voel van die lewe hier op aarde nie; en dat hardwerkende volgelinge van Christus lou-warm voel, en soms twyfel oor hul finale heenkome.
 
1 Timoteus 2 onderrig ons oor gebed. Hy maak dit duidelik dat gebed die manier is hoe gelowiges in hierdie wêreld kan en moet leef. In gebed vra ons na die wil van God; soek ons na die roete waarheen God ons lei; en hoor ons God se stem en instruksie en kry ons duidelikheid vir die praktiese lewe van elke dag. In gebed word ons geestelike wêreld en fisiese wêreld versoen en bymekaar gebring. Deur gebed skyn ons lente Lig en God se liefde sterker.
 
Die fondament waarop ons knieë rus, is dus God se hand van genade wat Christus die losprys maak vir sonde. Op ons knieë, biddend vanuit God se genade, word ons vir die wêreld en owerheid, veral hulle wat sonder God leef, ‘n stuk verkondiging van Christus se verlossing.

                                                        – Dr C Pretorius.
 
Andrè

 
 

Vorige Briewe 

Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...
Die kleur van sonde
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen. More ...