Jesus Christus se menswording as Seun van God

 
 
Johannes 1:14 – “Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.”
 
Jesus is as mens gebore, maar nie soos enige ander mens nie.  Hy is ontvang van die Heilige Gees en gebore uit die maagd Maria, wat ons die maagdelike geboorte noem. Die Engele en Herders het aan Hom hulde gebring want Jesus het mens geword om in ons plek vrede tussen God en die mens te bring.  Die besondere verhouding tussen Jesus en God – tussen Vader en Seun – het God sélf met Sy kinders kom handel. In en deur die Seun het God self Sy genade aan jou geskenk.  
 
God se belofte en genade is vir jou.
 
Geseënde week.
Andrè

 

Vorige Briewe 

Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...
Die kleur van sonde
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen. More ...