Voor die geboorte van Jesus
Johannes 1:1-3 beskryf die voorgeboorte bestaan van Jesus op ‘n besondere manier
“In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie.”
Met voorgeboorte bestaan bedoel ons dat Jesus al bestaan het voor sy fisiese geboorte in Betlehem. Hy lewe van ewigheid af en is nie gebore met dieselfde beperkinge as enige mens nie. Hy is meer as ons mense. Sy liefde vir ons bestaan al van die skepping af.
God se belofte en verlossing is vir jou.
Geseënde week.
Andre
Vorige Briewe
Jesus se Woorde | Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat.
More ...
| |
|
Die kleur van vergifnis | God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry.
More ...
| |
|
Die kleur van sonde | Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen.
More ...
| |
|
Skrikkeljaar | Beide die liefde en ‘n skrikkeljaar kan deur 'n Christelike lens gesien word as ‘n geleentheid wat ons herinner aan God se getrouheid, die verbygaande aard van die lewe, en die oproep om mekaar lief te hê
More ...
| |
|
| |
|