Kosmopolitaanse naastes?

 
 
Ons post-modernistiese wêreld bring nuwe uitdagings na ons lewensdeur. Die samelewing vandag  word beskryf met terme soos verskeidenheid, diversiteit, inklusiwiteit ens. Alhoewel ons nuwe gemeenskap(pe) anders daarna uitsien, help God se Woord ons steeds om duidelik te navigeer. 
 
Uit alles in die menslikheid het Christus gekies om die kerk byeen te roep. Die kerk en gemeente is Sy beeld in hierdie wêreld. Dit is die kerk en gemeente se verantwoordelikheid om God se twee grootste gebooie te gaan uitleef: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.” (Lukas 10:27).
 
Vir ons vandag is een van die belangrikste vrae: Wie is werklik my naaste? Jesus se gelykenis van die Barmhartige Samaritaan help my en jou om ons vooropgestelde gedagtes te ondersoek en indien nodig te herdefinieer. Wie is nou my naaste?... Jou antwoord op hierdie vraag gaan verseker ‘n uitwerking hê op jou beskouing, en interaksie met die hele menslike geslag waaruit Jesus vir Hom ‘n kerk byeen geroep het.

                                 (gedeeltelike erkenning aan Ds JS Dippenaar)
 
 
Andrè


 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...