Gebed vir Rus

 
 
Geseënde Jesus, ek rus in U.
Gee my stilte in my siel, laat u vrede in my regeer.
Neem beheer van my lewe,
o Koning met die sagte oë,
o Heerser met genade in u hart.
God aan wie alle mag behoort:
Gee my die vermoë om myself te beheer –
my gedagtes, my woorde, my handelinge.
Verlos my, Vors van die lewe, van my knorrige liggeraaktheid,
van my gebrek aan nederigheid.
En vul my met deernis teenoor my naaste.
U wat soveel geduld met my het, gee my geduld met ander.
Maak my, deur u krag, in alles wat ek dink en doen en sê,
al meer en meer soos U.
 
Die Heilige Johannes van die Kruis

(Uit: Die groot gebedeboek, Piet Naudé, 2014)
 
 
 

Vorige Briewe 

Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...
Die kleur van sonde
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen. More ...