Vakansie Rus

 

In Augustus staan ons stil by “Rus” as tema in ons nuusbrief (aangeheg) en erediens. Die HAT se definisie van rus is veelvoudig. Dit kan gebruik word as ‘n selfstandige naamwoord wat wissel vanaf “ophouding van beweging” tot “afwesigheid van geraas”. Dit kan gebruik word as ‘n werkwoord wat strek vanaf “geen inspanning en beweging” tot by “leun op iets of iemand”. Op geestlike gebied kom daar nog ‘n dimensie na vore – rus is ‘n geleentheid om stil te word en te bind met God.
 
Die Somer vakansie is ‘n welverdiende rustyd. Die jonges is klaar met die skooljaar en die vakansie bied hulle ‘n geleentheid om buite die roetine van skoolgaan en leer, hulle liggame en 'grysstoffies' op te vars. Elke volwassene het ‘n geleentheid om te ontspan en aandag te gee aan die sake wat werklik belangrik is. Die somer vakansie is die ideale tyd om tot stilstand te kom…afstand te doen van werk en inspanning…te slaap…innerlike en uiterlike vrede te ervaar…ophou kommer…verhoudinge te bou…te herfokus… God te vind en te vertrou.
 
Abraham het met God verbind in Genesis 17:9 en het die grootste belofte ooit ontvang. Dawid was voortdurend tot God verbind en het ‘n vol lewe gelei. Paulus was tot God verbind na sy bekering en het vrugte gedra wat ons steeds vandag pluk. Mag jy nou in hierdie maand werklik rus. Mag jy vrede vind en jou tot God verbind. Mag jy weet – Sy verbond en beloftes is vir jou.
 
Geseënde reis en vakansie,

Andrè
 

Vorige Briewe 

Die kleur van sonde
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen. More ...
Skrikkeljaar
Beide die liefde en ‘n skrikkeljaar kan deur 'n Christelike lens gesien word as ‘n geleentheid wat ons herinner aan God se getrouheid, die verbygaande aard van die lewe, en die oproep om mekaar lief te hê More ...
God se woord beskryf Liefde
God is die enigste Een wat jou volmaak kan liefhê. Wanneer jy 'n verhouding met God het en Sy liefde ervaar, bemagtig dit jou om ander lief te hê soos God jou liefhet. My en jou liefde se krag is in God te vinde. More ...
As Woensdag
"Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê." More ...