Die Reis.


C.S. Lewis se vriendskap en gesprekke met geesgenote soos J.R. Tolkien het hom laat besef dat geloof ‘n reis is, en dat die Evangelie elke dag in ons verhoudings leef. Hy het hierdie reis-tema op die Bybel toegepas, en die resultate is verbysterend…

Adam en Eva en hulle reis uit die tuin van Eden. Kain se vertrek na ‘n ander land. Noag se vaart op die vloedwaters. Die verspreiding van die mense na die verwarring by die toring van Babel. Abraham en Sarah se reis vanaf Ur na Kanaän. Die kinders van Jakob se reis na Egipte. Die volk Israel se trek uit Egipte deur die woestyn. Die ballingskap in Babilonië. 

Die evangelie se boodskap van Jesus se reis vanaf God na die aarde. Sy ouers se vlugteling-reis na Egipte. Jesus se bedieningsreis deur die hele Israel en Judea. Sy reis na Jerusalem. Die reis na Golgota. En die reis van die evangelie en dissipels na Israel, Judea, Samaria en die hele wêreld.

Lewis se eie lewensreis het hom geleer dat geloof in almal ‘rondbeweeg’. Hy was nie ‘n teoloog nie, maar het sy skrywes gebruik om die sake aan te spreek wat in elke mens leef. So het die reis van soek, geloof en oortuiging die narratiewe fondasie gevorm van sy Narnia verhale en Space Trilogy. Gevolglik kan elkeen wat soek en vra, self sien en ontdek wat Christenskap en geloof is. 

Gaan kyk gerus Narnia en sien waarheen die reis jou lei.

Geseënde week,
Andrè
 
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...