Die Regisseur

 
 
Die regisseur van ‘n film speel ‘n integrale rol in elke aspek van ‘n rolprent om seker te maak alles verloop seepglad. Hy/sy is die een wat die akteurs en span saamstel; die komponente van die film beplan en die uitvoering daarvan oorsien; hy/sy is ook die een wat seker maak die skrywer is gelukkig met die intrige, en dat die korrekte boodskap die kyker bereik. Wanneer ek en jy dus na ‘n film kyk word ons genot en waardering daarvan gedeeltelik bepaal deur die oogpunt en stempel van die regisseur.
 
As Christene het ons ook ‘n regisseur in ons lewens. In Handelinge 2 lees ons hoe Christus se belofte aan die dissipels nagekom word, wanneer die Heilige Gees op hulle uitgestort word, en hulle toegerus word vir die werk wat voorlê. Ons lees verder in die Nuwe Testament hoe die Heilige Gees hulle gelei het, hoe hulle mense genees het, en mense na Christus gelei het. Dit is steeds so vir ons vandag. Die Heilige Gees leef en werk in elkeen van ons. Hy wil, soos met die dissipels, deur ons mense aanraak en hulle na Christus lei.
 
"Our call as Christians is to be accepting and to love and not to judge.  So, for me it's about being honest about my faith, but also being loving enough to accept others' points of view the same way that I want them to accept mine."

"No matter what you watch, it has an impact. So, why not use this medium to bring great stories to millions of people around the world with the goal of not only entertaining them but inspiring them. That's what motivates me. That's why I get up every day."           - DeVon Franklin

 
Andrè

Indien jy weet van iemand wat siek is, of hulp nodig het kontak Andre by
andre@sagemeente.com  of    078 4102 9307

Kontak die kerkkantoor by
noordwyk@sagemeente.com of ena@sagemeente.com
 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...