Die Lens.

 
Elke goeie film word geskied uit ‘n spesifieke hoek en perspektief en neem sy kykers op ‘n dienooreenkomstige reis. Soms word hulle weggevoer na sprokiesland gevul met kleur en drome. Soms word hulle ingetrek en herinner aan ‘n werklikheid wat soms té naby is vir gemak. En soms word hulle realiteit en werklikheid uitgelig deur die lens van die skrywer en verhaal.

Die lens waarmee ons kyk na ‘n film en die wêreld word deur baie faktore beïnvloed. Die grootste hiervan is ons geloof en agtergrond. In 2 Samuel 12 stuur God die profeet Natan om die magtige Koning Dawid aan te spreek. Die verhaal, aanslag en lens wat Natan gebruik help Dawid om sy eie foute raak te sien, maar dit is sy geloof wat Hom help om dit te erken. Ons Christenskap help ons om te oorweeg, onderskei, vermy en assosieer. 

Ons Christelike geloofslens bepaal hoe ons kyk na alles rondom ons. Dit bepaal ook ons interaksie en optrede. Ek wil jou nooi om hierdie maand saam met ons, jou geloofslens op te sit, en te kom kyk na verskeie films – onder andere die Avengers tydens volgende Sondag se erediens. Kom word saam stil en oorweeg dit teen die Woord van God. Wie weet – miskien verras die kamera-hoek jou.

Lekker fliek!
Andrè

E-pos: andre@sagemeente.com

Selfoon nommer: 078 4102 9307
 

Vorige Briewe 

Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...
Die kleur van sonde
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen. More ...