Ander sake vir geestelike groei.

 

Soos met enige oefenprogram, is daar verskeie sake wat die kort- en langtermyn sukses daarvan kan beïnvloed of bepaal. So ook met ons geestelike oefenprogram. Daarom is dit belangrik om by nog ‘n paar noodsaaklikhede stil te staan.
 
Bybelstudie is soos ‘n HITT oefen sessie. Dit is ‘n manier om dieper te delf in die Woord van God. Dit is belangrik om met gebed te begin en dan stil te word. Daarna moet die teks in sy geheel gelees en verstaan word. Gebruik betroubare bronne om jou te help, ‘verstaan’ wat die Woord vir jou beteken. En dan, is dit belangrik om God se woorde toe te pas en te gaan leef.

Sakramente is die tekens wat God aan ons gegee het om Sy beloftes aan ons te bevestig. Die doop en die nagmaal is ons kerk se twee sakramente wat vir ons bevestig dat God se liefde, redding en genade vir elkeen van sy kinders bedoel is. Dit is belangrik om kerk toe te kom om hierdie tekens te kom waarneem en daaraan deel te neem. So kan jy self proe en sien dat God jou ken en roep. Hy wil hê jy moet Hom beter leer ken en verstaan.

Daaglikse Oordenkings is die tyd in die dag waarin jy God op ‘n intieme manier ontmoet en leer ken. Dit is ‘n vreugdevolle oomblik wat waarde het vir jou hele dag en lewe. Dit is nie ‘n plig nie, maar ‘n keuse om God ‘n prioriteit in jou dag en lewe te maak. Dit is ‘n voorreg om ‘n geredde kind van God te wees!

Vermy versoekings. Versoekings is deel van ons lewe. Elkeen het verskillende versoekings. Selfs Jesus is versoek. Die vorm wat versoekings aanneem wissel en dit kom soms op die moeilikste tye. Dit is veral in tye wanneer ons vêr van God af voel, dat ons soms ingee. Dit is belangrik om in hierdie tye God se genade en Christus se redding te onthou. Dit is noodsaaklik om op te staan, terug te draai na God en weer reg te leef.
 
Sterkte en Geseënde week.
Andrè


E-pos: andre@sagemeente.com

Selfoon nommer: 078 4102 9307
 

Vorige Briewe 

Die kleur van sonde
Hemelse Vader, help my om verby my sonde en foute te kyk, om U goedheid en liefde vir my raak te sien. Wanneer dit moeilik is, O Heilige Gees, help ons om mekaar by te staan. Dankie vir die kleur van U liefde, wat duidelikste skyn in my nietigheid. Amen. More ...
Skrikkeljaar
Beide die liefde en ‘n skrikkeljaar kan deur 'n Christelike lens gesien word as ‘n geleentheid wat ons herinner aan God se getrouheid, die verbygaande aard van die lewe, en die oproep om mekaar lief te hê More ...
God se woord beskryf Liefde
God is die enigste Een wat jou volmaak kan liefhê. Wanneer jy 'n verhouding met God het en Sy liefde ervaar, bemagtig dit jou om ander lief te hê soos God jou liefhet. My en jou liefde se krag is in God te vinde. More ...
As Woensdag
"Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê." More ...