Jesus se triomferende opstanding


Johannes 20 en 21

Jesus se triomferende opstanding
 
36 uur na Jesus Christus se begrafnis was sy graf leeg gevind, behalwe vir die leë verbande wat daar gelê het.  Dit was genoeg vir Johannes wat “gesien en geglo” het.

Daarna het Jesus oor ‘n tydperk van 40 dae aan sy vriende verskyn. Dit was nie net ‘n verskynsel nie, maar ‘n fisiese teenwoordigheid, want Hy het saam hulle geëet, hulle kon Hom aanraak, en Hy was gesien en erken deur honderde mense.

Tog was Hy eienaardig en kragtelik anders...Hy was die oorwinnaar oor die dood.
Hy lewe en het waarlik opgestaan vir elkeen wat in Hom glo!
 
Hy het ook vir jou opgestaan. Glo dit. Geseënde week.

Andrè

(mobile) +44 7841 029307 
(home) +44 1992 813 895
andre@sagemeente.com

 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...