Jesus se verlengde temptasie 



Direk na Jesus se doop is Hy in die woestyn in gelei deur die Heilige Gees. Hy was daar vir veertig dae waartydens hy niks geëet het nie, en versoek was deur die satan.

Die versoekinge wat aan Jesus gestel is, was bedoel om Hom uit te daag om sy missie en bediening te omseil. Jesus het telkens die versoekings suksesvol van die hand gewys en dit beantwoord met ‘n teenstelling uit die Woord van God. God se Gees en Woord was Jesus Christus, die mens, se bron van krag. Hy het regdeur sy lewe versoekings van die hand gewys deur God te ken, en op die Gees staat te maak.
 
Vandag word ons ook telkens versoek. Hoe benader en oorkom ons versoekings? Of gee ons maklik in “want ons is mos sondig”?

God se Woord is meer beskikbaar vir jou as vir die mense van Jesus se tyd. God se Gees is aan jou en my gegee om ons by te staan in ons uur van nood. Ons is sondig, maar ons is nie hulpeloos nie – ons het die hulp en krag van die almagtige God en “in die Naam van die Here” kan ons versoekings teenstaan en suksesvol oorwin.
 
Krag en Seënwense vir jou!
Andrè
 


(mobile) +44 7841 029307 
(home) +44 1992 813 895
andre@sagemeente.com

 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...